Get Adobe Flash player

Notice: Undefined property: stdClass::$contactid in /home/hugenoot/public_html/templates/hugenoot_final/classes/ArtxContentSingleArticle.php on line 40

Pan Lochner

SFF – Stinkkraal / Fairfield, Marken Distrik Limpopo

Pan lochner banner
Pan Lochner Boerdery
is geëerd om met die Hugenote stoetery geassosieer te wees. Vir die Lochner familie is daar geen ander ras wat
ALLES –IN-EEN bied nie.

Finansieël is dit 'n winsgewende ras wat goed vir die boerdery sorg en dit is 'n maklike tipe bees om mee te werk.
Die Pan Lochner Boerdery stel hom ten doel om die Hugenoot beesras tot sy volle potensiaal te ontwikkel om mee te ding met die beste rasse in Suid-Afrika. Om hierdie doel te verwesenlik is streng rekord houding, prestasie toetsing op 3, 7, 12 en 18 maande nodig asook fase C en D prestasie toetsing. Die Beef Pro program word hiervoor gebruik, omdat produktiwiteit, seleksie en die beheer van inteling vir ons belangrik is.

Die kudde word streng bestuur deur korrekte lekke te gee, gras goed te bestuur, immunisasie programme en borsluisbeheer.
Kopers reg oor die land kan met vrymoedigheid ons beeste koop, aangesien ons in 'n strawwe hartwater, galsiekte en rooiwater area boer. Bulle word meestal van die veld af bemark. Die kudde is vry van TB en misgeboorte. Alle bulle word verkoop met 'n skede was en vrugbaarheids sertifikaat.

Die trots van ons kudde, Goue Prins, het puik presteer op die Pretoria skou en is as Reserwe Junior Alle Ras Kampioenbul aangewys.
2007 bulle is nou te koop wat van die veld af beskikbaar is en wat slegs 'n energielek as ekstra aanvulling kry.

Vir meer inligting kontak Mary Lochner 082 553 4135 of by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.