Get Adobe Flash player

Notice: Undefined property: stdClass::$contactid in /home/hugenoot/public_html/templates/hugenoot_final/classes/ArtxContentSingleArticle.php on line 40

Home

Belangrike Kennisgewing

Indien jy ʼn Hugenoot wil koop moet jy weet waarna om op te let.

Die Afrika Hugenots is ʼn rebelle wegbreek groep wat op ʼn omstrede wyse in Namibië hul registrasies doen wat nog onder bespiegeling is deur die twee lande se Departement van Landbou.

In Suid-Afrika is hul nie as stoet erken nie en kan nie by Stamboek opgeneem word nie.  Volgens ons wet op diere beskerming mag daar nie twee organisasies wees met die selfde ras wat verkillende standaarde en ras egtheid het nie.  Indien ʼn bul gekoop word onder die beskerm van die Hugenoot SA Genootskap is daar ʼn gedragskode in plek wat die koper waarborg dat die dier raseg is met die korrekte status volgens sy stambome of afkomstig van ʼn vorige stoet en dat sy teling en prestasie gedoen word volgens die aanvaarbare wyse van stoetteling in Suid-Afrika.

Kennis moet ook geneem word dat basterkrag nie oorerflik is nie.  Kyk na sy stambome tensy dit van ʼn vorige stoet afkomstig is.

Na 4 generasies is ʼn dier maar 93% suiwer en daarna nog 4 generasies is hy eers 99% suiwer.

N baster bul kan baie mooi vertoon a.g.v. basterkrag maar sy nageslag sal nie daardie eieskappe hê nie.

Indien diere onder die beskerming van Hugenoot SA verkoop word, word daar vereis dat die katalogus deur stamboek uitgereik word.

Daar moet veral opgelet word dat die GDT se indekse van speen, 18 maande of fase C of D bo 90 is om ʼn goeie stoet dier te wees.

Die Fase C bul se voeromset (VOV) is baie belangrik om na te kyk want dit gaan bepaal hoe die dier op die veld gaan oorleef.  Ons streef vir ʼn VOV  so na aan 5 as moontlik.

Bulle wat onder die beskerming van Hugenoot SA genootskap verkoop word moet ʼn skedewas sertifikaat vanaf ʼn veearts hê en vrugbaarheid sertifikaat wat nie ouer as 30 dae is nie.

Belê in ʼn goeie duursame diere wat ʼn aanwins sal wees in jou kudde.